Vrywillige mag in Nigerië afgemaai

--:--
'n Gewapende bende het 'n groep mans naby die dorpie Kukawa in Nigerië se Plateau-staat aangeval en minstens 50 mense doodgemaak. Die slagoffers was lede van 'n vrywillige mag wat in die lewe geroep is om dorpenaars teen strooptogte te beskerm. Die BBC se Afrika-korrespondent, Will Ross, verduidelik.
9 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BetterBond kyk na rentekoers-aankondiging volgende week

BetterBond sê laer rentekoerse kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer. Die huisleningmaatskappy sê verbandgoedkeurings het die afgelope jaar met 13,6-persent gestyg en aansoeke met 7,4-persent. Bradd Bendall van die maatskappy sê laer rentekoerse het kopersvertroue verbeter, en 'n moontlike rentekoersverlaging volgende week kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer:
25 Jul 6AM 1 min

Trump is tevrede met Navo, Europa ooreenkoms

President Donald Trump is tevrede na sy samesprekings met Europa en Navo. Hy was nie te vinde om meer wapens aan die Oekraïne te skenk nie en sê dit het onder die Biden-administrasie 350 miljard Amerikaanse dollar beloop. Navo se befondsing het ook onder Europese lede kortgeskiet.
25 Jul 6AM 1 min

Dis Wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag

Die Nasionale Seereddingsintituut sê verdrinking bly een van die vernaamste oorsake van kindersterftes in die wêreld, met 236 000 lewens wat jaarliks verlore gaan. Met die viering van wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag, vra die instituut vir meer bewustheid en optrede om die tragedies te vermy. Die woordvoerder van die NSRI, Andrew Ingram, sê…
25 Jul 6AM 1 min

Hangala is opgewonde oor NDP6

Reaksie word steeds ontvang op die regering se planne in die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het klem gelê op die belangrikheid van industrialisasie om die ekonomie 'n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, die voormalige hoof van NamPower, wat baie positief…
25 Jul 6AM 1 min

Maxwell se prokureur praat oor vergadering

Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, het in Tallahassee, Florida, met wyle Jeffrey Epstein se medepligtige, Ghislaine Maxwell, vergader waar sy ʼn vonnis van 20 jaar uitdien vir sekshandel. Die vergadering volg ná openbare kritiek oor president Donald Trump se administrasie se vermeende gebrek aan deursigtigheid in verband met dokumente oor…
25 Jul 6AM 1 min