Geslagsgeweld is nasionale krisis - ActionSA

--:--
ActionSA se vroueforum in Gauteng sê geslagsgeweld is ʼn nasionale krisis wat dringende, gekoördineerde en streng optrede vereis. Die party veroordeel die grusame moord op Letta Ndlovu, ʼn inwoner van Lawley in Johannesburg-Suid. Haar lewensmaat, Ayanda Mthimkhulu, het haar in ʼn voorval van geslagsgeweld vermoor. Die vroueforum se sekretaris, Mpumi Edward, sê Ndlovu se dood moenie net nog ʼn statistiek word nie:
9 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Please call me'-skepper soek steeds R9,4 miljard by Vodacom

Die skepper van “Please Call Me”, Nkosana Makate, sê hy is vol vertroue die Appèlhof sal Vodacom dwing om hom 9,4-miljard Suid-Afrikaanse rand se vergoeding te betaal. Makate het Vodacom se vroeëre aanbod van 47-miljoen-rand verwerp. Die Konstitusionele Hof het Vodacom nou verlof tot appèl toegestaan en kritiseer die Appèlhof…
31 Jul 11AM 1 min

Toestande in Gaza net lyding vir kinders: Unicef

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. 'n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo…
31 Jul 11AM 1 min

Moenie Goreangab-dam vis eet nie, dis gevaarlik

Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en waarsku inwoners om nie vis in die Goreangab-dam te vang om te eet nie. Volgens die ministerie word vis wat in die dam gevang word selfs verkoop. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in…
31 Jul 10AM 1 min

Angola brandstofprysstyging 'gaan nie ngungula-smokkel keer'

Reaksie word ontvang op die verwydering van subsidies op die brandstofprys in Angola. Dit het na geweld in die buurland gelei na die prys op 1 Julie met meer as 30 persent gestyg het en 22 mense is dood. Maar die prys, 7 Namibiese dollar 72 sent per liter is…
31 Jul 10AM 1 min