
NamPol sê oor dobbelhuis-roof
--:--
Meer inligting is bekend oor die gewaagde roof van 324 700 Namibiese dollar en verskeie selfone by die Windhoek Lounge & Gambling House in Ausspannplatz, Windhoek. Die verdagtes, gewapen met messe, het hulself met geweld in die kantoor ingedring waar die kassier geld getel het voordat hulle met die kontant en fone gevlug het. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunk-kommissaris Chrispin Mupepo gepraat wat sê geen arrestasies is gemaak nie en die ondersoek duur voort.