Texas-goewerneur sê alles word ingespan om oorlewendes te vind

--:--
Texas se goewerneur, Gregg Abbot, sê 161 mense word steeds vermis ná die verwoestende kitsvloede wat dele van die staat verlede naweek getref het. Onder die vermiste persone is vyf kinders en een berader van Camp Mystic, waar minstens 27 mense in die oorstroming dood is. Ongeveer 109 mense is in die ramp dood waarvan 94 in die Kerrville-gebied was. Abbot sê die hoofdoel is nou om slagoffers op te spoor:
9 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mynwese: As 51% vir De Beers kan werk, hoekom nie?

Reaksie word ontvang op die regering se plan om 51 persent plaaslike besit in nuwe mynbedrywighede. Daar is vrae oor hoe dit sal werk – is dit gratis, die regering of privaat beleggers en indien dan, wie omdat miljoene benodig word. Nietemin die regering werk nog aan die beleid en…
7 Aug 12AM 1 min

Poly-jobbing kan meer skade doen as goed

Stygende koste en stagnante lone veroorsaak dat 28 persent van Namibiërs nou staatmaak op verskeie inkomstestrome om te oorleef. Hierdie tendens, bekend as "poly-jobbing", bied buigsaamheid, maar bring ook risiko's soos uitbranding. Om suksesvol te wees, benodig sogenaamde sy-besighede behoorlike beplanning, beskerming en struktuur, want veerkragtigheid moet stabiliteit bou, nie…
7 Aug 12AM 1 min

Padreëls: Strafpuntstelsel kom in SA

Die Padverkeersoortredingsagentskap sal vanaf 1 Desember begin met die inwerkingstelling van die langverwagte strafpuntestelsel, met die aanvanklike inwerkingtreding by 69 munisipaliteite. Die woordvoerder, Monde Mkalipi, het aan Newzroom Afrika gesê 'n verdere 144 munisipaliteite sal vanaf 1 April 2026 volg. Die stelsel teiken ernstige padoortredings wat met hoë padsterftes verband…
6 Aug 11PM 1 min

Verlaging van Lesotho-tariewe is te laat

Die minister van Handel van Lesotho, Mokhethi Shelile, waarsku dat die vermindering van Amerikaanse tariewe van 50-persent na 15-persent moontlik te laat is om die land se sukkelende tekstielbedryf te red. Maande van onsekerheid het fabrieksluitings en werksverliese tot gevolg gehad. Dié sektor, Lesotho se hoofuitvoerder en grootste privaatwerkgewer, het…
6 Aug 11PM 1 min