Cyril moet dringend ingryp oor tariewe: Solidariteit

--:--
Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om dringend op te tree om reuse-werksverliese te voorkom na Amerika se besluit om van volgende maand 'n heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere op te lê. Die vakbond sê die regering se gebrek aan optrede kan belangrike uitvoere belemmer en moontlik die voordele van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika prysgee. Theuns du Buisson van Solidariteit skryf dit toe aan politieke arrogansie en sê handelsbetrekkinge met Amerika geniet nie voorkeur nie:
9 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karpowership se ooreenkoms is amptelik dood

Die organisasie teen belastingmisbruik, sê 'n uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria om die Turkse maatskappy, Karpowership se opwekkingslisensie om te keer, beteken die omstrede energie-ooreenkomste is nou amptelik dood en sal nie elektrisiteitpryse beïnvloed nie. Die lisensies wat deur die energie reguleerder toegeken is, was deel van 'n beplande…
1 Aug 3AM 1 min

Kommer oor moontlike aanval deur China op Taiwan

Die bedreiging van 'n Chinese inval hang al lank oor Taiwan, en daar is 'n nuwe intensiteit aan daardie druk. China hou toenemend militêre- en vloot-oefeninge om Taiwan, wat selfregerend en demokraties is, terwyl China dit as 'n wegbreekprovinsie beskou en hereniging wil hê. Amerikaanse president Donald Trump se wispelturigheid…
1 Aug 3AM 1 min

BoN stuur verskeie inisiatiewe van stapel

Die Bank van Namibië het onlangs sy 35ste bestaansjaar gevier met die loods van nuwe banknote en munstukke maar, die sentrale bank sê 'n reeks inisiatiewe onder die tema "Geanker in Stabiliteit, Vooruitgang met Transformasie" insluitend jeugprogramme, openbare betrokkenheidsaktiwiteite en beleidsdialoë is op pad om ekonomiese bewustheid en inklusiewe groei…
1 Aug 2AM 1 min

Verstappen bly by Red Bull

Die viermalige heersende wêreldkampioen Max Verstappen het bevestig hy bly by Red Bull vir die 2026 Formule Een-seisoen. Die 27-jarige Hollander is tot 2028 onder kontrak by Red Bull, maar daar was sprake van 'n moontlike skuif na Mercedes volgende jaar. Hy het in aanloop tot die naweek se Hongaarse…
1 Aug 2AM 1 min

Trump se tariewe draai in die hof

Dit gons internasionaal oor die sperdatum vandag vir Amerikaanse president Donald Trump se handelstariewe, met sy oorspronklike belofte van 90 ooreenkomste in 90 dae wat nie vervul is nie. Daar is egter 'n hofsaak in die Amerikaanse appèlhof aan die gang wat die wettigheid van die tariewe uitdaag, en volgens…
1 Aug 1AM 1 min