Jaco Pitzer - Die Volle Potgooi Episode

--:--
🎙 Baasraak saam Coach Freek – 'n Gesprek met Jaco Pitzer
In hierdie kragtige en eerlike episode gesels Coach Freek en die manne met Jaco Pitzer – seun van die legendariese BlouBul en Springbok-haker Gys Pitzer Snr., wat tussen 1967 en 1970 in 12 toetse vir die Bokke gespeel het. Jaco vertel van die kosbare nalatenskap wat sy pa vir hom en sy broers agtergelaat het toe hy in April 2025 oorlede is.
Maar dié gesprek gaan veel dieper as rugby. Jaco is 'n vurige evangelis met ’n passie om Moslems met die liefde en genade van Jesus Christus te bereik. Hy deel aangrypende getuienisse van wonderwerke wat hy as sendeling beleef het – van genesings tot geestelike deurbraak.
Die gesprek neem 'n eerlike wending wanneer die manne begin gesels oor intimiteit in die huwelik, en Jaco deel hoe hy en sy vrou vir vier jaar evangelisasiewerk by die Seks Expo in Midrand gedoen het.
Hierdie is ’n potgooi vir manne – wat vrouens ook móét hoor. Reguit, eerlik, inspirerend.
9 Jul Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek

In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep — God se eie strategie — wat, as jy dit toepas, jou sal help om…
23 Jul 15 min

My gebed was, Here maak my 'n man asseblief? - Atman Samuels

In hierdie kragtige episode van die Baasraak saam Coach Freek Potgooi deel Atman Samuels sy roerende getuienis – 'n eerlike reis van stukkend wees na herstel, en hoe God hom gevorm het tot 'n man na Sy hart. Atman neem ons saam na die oomblik waar hy op sy knieë…
6 Jul 2 hr 09 min

Willem Strauss: My hele lewe het verander na ek 'n 102kg verloor het

🎙 Hierdie week op die Baasraak saam Coach Freek se Potgooi: Coach Freek gesels met Entrepreneur en Avonturier Willem Strauss In 2014 is Willem gediagnoseer met diabetes. Na 'n maagomleiding-operasie het hy ongelooflike 102kg verloor – en sy lewe het radikaal verander. Sy insulienmedikasie is reeds twee dae later in…
29 Jun 2 hr 07 min

Deon Pieterse: God het my 'n tweede kans gegee!

Coach Freek gesels met Privaat Speurder Deon Pieterse Deon en Freek het mekaar in 2003 ontmoet by ’n manne-ontbyt – ’n oggend wat Deon se lewe vir altyd sou verander. Destyds was Deon steeds in die SAPD, vasgevang in ’n donker spiraal van alkohol- en dwelmmisbruik. Sy lewe was op…
22 Jun 1 hr 09 min

Die God van die Underdog - Coach Freek

HIERNA MOET JY LUISTER! In die potgooi gesels Coach Freek met die manne oor die "God van die Underdog" Maak seker jy luister daarna en deel dit met almal wat jy ken?
8 Apr 49 min