President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander…
Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne…
Tydens haar streeksrede het Kavango-Wes se goewerneur, Verna Sinimbo, aangekondig dat meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar aan agt kiesafdelings toegeken is vir verskeie landelike ontwikkelingsprojekte, groenskemas ingesluit. Daarbenewens het die Kavango-streekraad 40 projekte ondersteun deur 400 bokke oor vier kiesafdelings te versprei.
Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap vind môre op die Gobabis-motocrossbaan plaas na die baan verlede jaar oorgesien is as gevolg van die droogte. Die gebrek aan water om die baanoppervlak tydens byeenkomste nat te maak, het die klub genoodsaak om sy verpligtinge aan ander klubs af te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.