Trump se koper-tarief veroorsaak breuk in koperpryse

--:--
Die Amerikaanse besluit om 'n 50 persent tarief op invoere van geraffineerde koper in te stel, het onmiddellik gevolge gehad. Kopermarkte het skerp reageer, met Amerikaanse Comex-termynkontrakte wat met meer as 12 persent gestyg het tot 'n rekord 12 330 Amerikaanse dollar per ton, terwyl Londense pryse met 1,5 persent gedaal het, wat 'n ongekende prysgaping van 2 700 dollar geskep het. Dit dui op 'n breuk in globale koperpryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Max Rix, die hoof van belegging by Simonis Storm gesels.
10 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanlynafspraak-reeksverkragter in Limpopo vasgetrek

'n 37-jarige aanlyn-afspraakreeksverkragter en -moordenaar, wat aan meer as tien sake in Eersterust, Pretoria, verbind word, is in Limpopo in hegtenis geneem. Die verdagte het 'n gewilde afspraak-webwerf gebruik om sy vroulike slagoffers na sy woning in Eersterust te lok. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê hy het na bewering sommige…
5 Aug 5AM 1 min

Swakop vier 133ste bestaansjaar

Swakopmund vier vanjaar 133 jaar van ryk geskiedenis, kultuur en sjarme. Oor die dekades het dit van 'n stil hawedorp na een van Namibië se mees ikoniese bestemmings verander. Hierdie mylpaal word gevier met 'n reeks opwindende geleenthede, insluitend kulturele uitstallings, gemeenskapsfeeste, strandskoonmaak en historiese uitstallings. Kosmos 94.1 Nuus het…
5 Aug 5AM 1 min

TLU SA verwerp nasionale dialoog

Die landbou-organisasie TLU SA gaan nie aan die Nasionale Dialoog later die maand deelneem nie en sê die land het nie nog 'n ideologiese imbizo nodig wat net die ANC se bestaande beleidsrigtings herbevestig nie. Die dialoog is gemik op die vestiging van eenheid en die vind van oplossings vir…
5 Aug 4AM 1 min

Guterres het groot kommer oor Soedan

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, beskryf die situasie in Soedan as 'n grootskaalse katastrofe en ontsaglik wreed. Die aanhoudende stryd tussen die Soedanese Gewapende Magte en die para-militêre Rapid Support Forces het die land dieper in onrus gedompel. Meer as 12,4-miljoen mense in die land is ontheem. Guterres…
5 Aug 4AM 1 min

LPM lei jongmense op oor politieke betrokkenheid

William Minnie, adjunk-nasionale woordvoerder van die Landless People’s Movement, sê die party loods 'n jeuggerigte kiesersopvoedingsveldtog om die belangrikheid van politieke deelname te beklemtoon, veral in plaaslike- en streekverkiesings. Hy beklemtoon dat baie jongmense nie ten volle verstaan hoe politiek hul alledaagse lewens beïnvloed nie. Minnie vra vir groter betrokkenheid,…
5 Aug 3AM 1 min