
Dis Djokovic teen Sinner
--:--
Die sewemalige Wimbledon-kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, takel mekaar in die halfeindronde. Die Serwiër het die Italianer, Flavio Cobolli verslaan, terwyl Sinner die Amerikaner Ben Shelton geklop het. In die vroueafdeling is Iga Swiatek van Pole en die Switser, Belinda Bencic, albei deur na hulle eerste halfeindronde in die grasbaan-Grand Slam. Djokovic sê dis spesiaal om sy 14de halfeindronde te bereik: