
Bestuurskenner sê oor Namcor se geldsake en onreëlmatighede
--:--
Namcor bly in die nuus, vir al die verkeerde redes. Behalwe vir onreëlmatighede, lyk sy finansies bedroef en het hy in sy 2022/23-boekjaar ‘n rekord netto verlies van bykans 1,3 miljard Namibiese dollar gely. Dit kom na die nasionale oliemaatskappy verlede jaar 'n reddingsboei van 1,2 miljard dollar van die regering gekry het, wat gehelp het dat dit nie bankrot speel nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo gepraat, wat sê die maatskappy se probleme word nie opgelos nie.