DA juig oor Mosselbaai dierewelsyn-ondersoek

--:--
Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die uitslag van die Mosselbaai-munisipaliteit se interne ondersoek na toestande by Harry Giddey-park. Die ondersoek sluit in ongemagtigde verkope van diere, verwaarlosing en genadedood, asook wanbestuur van bates. In Oktober verlede jaar is 52 skilpaaie en talle voëls by die park weens siekte en verwaarlosing uitgesit. Dave Bryant van die DA sê aanspreeklikheid in sake wat met dierewelsyn verband hou, is ononderhandelbaar:
10 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boks: Vroue soek rewolusie in sport

Die nuut aangestelde voorsitter van Vroue in Boks, Rina Sabotsky, sê sy beoog om vroulike boksers te verhef deur hul betrokkenheid buite die kryt as skeidsregters, beoordelaars en amptenare te bevorder. Sabotsky sê in 'n onderhoud met SABC News ondanksvordering, het vroue steeds 'n tekort aan blootstelling en geleenthede. Sy…
27 Jul 3AM 1 min

Fluitjieblaser vrygespreek op bedrogklagte

Die Kaapstadse prokureur Sarah Burger is ná 17 maande in die Oos-Londense Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op alle aanklagte in die 171 miljoen rand Fort Hare-bedrogsaak vrygespreek. Burger, wat die fluitjieblaser oor korrupsie by die universiteit was, beplan nou om die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag te dagvaar. Sy het haar verligting…
27 Jul 2AM 1 min

China gee N$100 m vir boorgate

Landbou- en waterminister Inge Zaamwani sê sy gaan na die private sektor uitreik vir vennootskappe om die regering te help om die teikens van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP 6, te bereik. Zaamwani het Saterdag die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos van stapel gestuur, in samewerking met die…
27 Jul 1AM 1 min

Honger eis 85 kinderlewens in Gaza

Ministens 71 Palestyne is Saterdag in Israeliese skermutselings in Gaza dood, insluitende 42 mense wat voedselhulp gesoek het. Gesondheidsowerhede in Gaza sê nóg mense het Saterdag van honger omgekom. Altesaam 127 mense, insluitende 85 kinders, is reeds van honger dood sedert die oorlog met Israel begin het. Israel het tot…
27 Jul 1AM 1 min

Rugby: Maak of breek vir Namibië teen UAE

‘n Reuse-wedstryd lê vanmiddag vir Namibië se nasionale rugbyspan voor wanneer hulle om twee-uur teen die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda uitdraf. Dit is Namibië se laaste geleentheid om ‘n kans te staan om na die Wêreldrugbybeker-toernooi in 2027 in Australië deur te dring. Afrigter Jacques Burger het met…
26 Jul 7AM 1 min