
Onderhandelinge oor Gaza-skietstilstand bly haak
--:--
Onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Katar oor 'n nuwe Gaza-wapenstilstand en die vrylating van gyselaars sukkel voort met onbelemmerde VN-hulp en die IDF se volle onttrekking wat blykbaar haakplekke is. Hamas het reeds aangebied om tien gyselaars vry te laat en president Donald Trump het ook gesê ‘n ooreenkoms kan bereik word. In Israel wag Ella Chaimi op die oorskot van haar man Thal, wat op 7 Oktober 2023 vermoor is en wie se liggaam na Gaza geneem is.