
BoN sal plaaslike goud in buiteland laat raffineer
--:--
Die Bank van Namibië sê die gebrek aan 'n plaaslike goudraffinadery sal nie hul plan beïnvloed om goud by die nasionale reserwes te voeg nie. Adjunk-goewerneur Ebson Uanguta verduidelik dat Namibië se rou goud in die buiteland geraffineer sal word om aan die suiwerheidstandaard van 99,9 persent te voldoen. Goewerneur Johannes !Gawaxab het opgemerk dat die uitvoering van die breër plan by die minister van finansies, Erica Shafuda, berus. Uanguta het meer.