
Werklose gegradueerde onderwysers soek antwoorde
--:--
Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het bevestig dat hy 'n petisie van werklose gegradueerde onderwysers ontvang het. Meer as 15 000 word vanjaar geraak. Hulle eise sluit in massawerwing en die skrapping van onderhoude. Ballotti sê die ministerie is in gesprek met die groep en sal later vandeesmaand antwoord gee.