Duitsland sal missiele aan die Oekraïne verskaf

Network error while loading playlist url
Duitsland se kanselier Friedrich Merz het by 'n konferensie in Rome oor ondersteuning aan Oekraïne gesê die land is bereid om Patriot-missiele van die VSA te koop en aan Kiëf te gee. Hy het lugverdediging met ander leiers en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky bespreek, na nog 'n Russiese massa-lugaanval waarin twee mense dood en 22 beseer is. Zelensky het by die konferensie gepraat.
10 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groot protes vir vandag in Windhoek beplan

'n Massademonstrasie word vandag gehou waar Windhoek-inwoners sal protesteer teen kwessies wat Build Together-groepe raak, 'n einde sal eis aan die beweerde onwettige verlenging van RedForce se kontrak, en 'n petisie sal oorhandig wat kommer uitlig oor die Stad se gebrekkige faktuurstelsel en die beweerde dreigende inhegtenisneming van amptenare wat…
28 Jul 3AM 1 min

Pogačar palm sy vierde Tour de France in

Die heersende kampioen, Tadej Pogačar, het gister sy vierde Tour de France-titel gebuit en sy status as mees dominante fietsryer van sy generasie bevestig. Die Sloween kon egter nie met die laaste skof spog nie omdat die Belg, Wout van Aert, hom in die Champs-Élysées in Parys verbygesteek het. Die…
28 Jul 3AM 1 min

EIF se akkreditasie bring reuse hupstoot

Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds is geakkrediteer as 'n Nasionale Implementeringsentiteit vir die Aanpassingsfonds, wat direkte toegang tot 20 miljoen Amerikaanse dollar in klimaatfinansiering moontlik maak. Die Omgewingsbeleggingsfonds fokus op projekte soos klimaatslim landbou op hervestigingsplase en volhoubare waterbestuur in droogtegebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds…
28 Jul 2AM 1 min

Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal

Oudpresident Joaquim Chissano van Mosambiek sê Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal van hul kernmissie om die mense te dien. Tydens die ANC-bevrydingsbewegingsberaad in Johannesburg het Chissano besin oor vorige foute, insluitend verswakte demokratiese instellings, die wegbeweeg van landsburgers en die snoer van meningsverskille. Hy het 'n beroep gedoen op hernude…
28 Jul 2AM 1 min

Piastri vat Belgiese Grand Prix

Oscar Piastri van McLaren het die Belgiese Grand Prix gewen en sy sesde oorwinning van die seisoen beklink. Die resies het weens swaar reën 80 minute laat begin en in die eerste vier rondtes moes deelnemers ʼn veiligheidsmotor volg. Nadat die resies in die vyfde rondte aan die gang gekom…
28 Jul 1AM 1 min