Starmer en Macron beklink 'een in, een uit' migrante-ooreenkoms

--:--
Britse eerste minister Sir Keir Starmer het op 'n gesamentlike nuuskonferensie met Franse president Emmanuel Macron gesê dat onwettige immigrante wat in klein bootjies vanaf Frankryk aanland, binne weke onder 'n nuwe loodsskema na Frankryk teruggestuur sal word. Onder die 'Een in, een uit'-ooreenkoms sal sommige aankomelinge aangehou word en na Frankryk terugbesorg word. In ruil daarvoor sal Brittanje 'n ekwivalente aantal asielsoekers uit Frankryk aanvaar, onderhewig aan sekuriteitskontroles en mits hulle nie probeer het om die land onwettig te betree nie. Hulle sal ook 'n konneksie met Brittanje moet hê, soos familie. Macron het Frankryk se kant gestel.
11 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

China gee N$100 m vir boorgate

Landbou- en waterminister Inge Zaamwani sê sy gaan na die private sektor uitreik vir vennootskappe om die regering te help om die teikens van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP 6, te bereik. Zaamwani het Saterdag die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos van stapel gestuur, in samewerking met die…
27 Jul 1AM 1 min

Honger eis 85 kinderlewens in Gaza

Ministens 71 Palestyne is Saterdag in Israeliese skermutselings in Gaza dood, insluitende 42 mense wat voedselhulp gesoek het. Gesondheidsowerhede in Gaza sê nóg mense het Saterdag van honger omgekom. Altesaam 127 mense, insluitende 85 kinders, is reeds van honger dood sedert die oorlog met Israel begin het. Israel het tot…
27 Jul 1AM 1 min

Rugby: Maak of breek vir Namibië teen UAE

‘n Reuse-wedstryd lê vanmiddag vir Namibië se nasionale rugbyspan voor wanneer hulle om twee-uur teen die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda uitdraf. Dit is Namibië se laaste geleentheid om ‘n kans te staan om na die Wêreldrugbybeker-toernooi in 2027 in Australië deur te dring. Afrigter Jacques Burger het met…
26 Jul 7AM 1 min

Vroeë tekens van La Niña

Daar was vreemde winterweer regoor die land die week, warm en met donderweer wat plek-plek voorgekom het, asof dit somer is. Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê daar is 'n weerstelsel wat effe na 'n La Niña -weerverskynsel lyk. Hy het die vooruitsigte vir die komende week.
26 Jul 5AM 7 min

Noord-Kaap ‘n ekonomiese kragbron, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die Noord-Kaap se groenwaterstof-meesterplan is 'n toekomstige ekonomiese kragbron, wat die middelpunt is van Suid-Afrika se hernubare energie-oorgang en noodsaaklik vir die land se langtermyn-ekonomiese groei. Ramaphosa het gepraat op 'n vergadering met die provinsiale leierskap in Kimberley. Hy sê hy glo die plan sal nie…
26 Jul 4AM 1 min