
Rou, gevriesde vleis suid van die rooilyn vervoer vir droogtehulp
--:--
Dit wil voorkom asof die regering sy eie maatreëls oortree het tydens sy droogteverligtingsprogram. Die eerste minister dr. Elijah Ngurare sê dat vleis deur Meatco in die noordelike kommunale gebied bekom is, gevries is en in 1,5-kilogram pakkies in Kavango Wes, Kavango Oos en Zambezi versprei. Maar, hy het bygevoeg dat die rou, bevrore vleis, afkomstig van noord van die rooilyn, ook in Khomas, Hardap en Karas uitgedeel is. Ngurare se woordvoerder, Rhingo Mutambo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar was niks met die vleis verkeerd nie.