Ed Sheeran verf tussen toer en ateljee

--:--
Oorspronklike kunswerke en afdrukke deur die bekroonde sanger-liedjieskrywer Ed Sheeran is tot 1 Augustus te sien in 'n nuwe uitstalling by die Heni Gallery in sentraal-Londen. Geld wat met die uitstalling ingesamel word, sal aan die Ed Sheeran-stigting gaan om om inklusiewe, hoëgehalte-musiekonderrig aan kinders van alle agtergronde te bied. Die uitstalling heet Cosmic Carpark Paintings. Sheeran sê hy was nog altyd in skilderkuns geïnteresseerd:
11 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uiters gunstige slagpryse is op pad

Veeprodusente en verbruikers hou vleispryse fyn dop met verskeie nuwe slagpale wat in 2026 sal oopmaak. Die vraag is of verhoogde verwerkingskapasiteit prysverligting sal bring of nuwe vraagdruk sal aanwakker. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die bemarkingbestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad oor pryse gesels.
11 Aug 12AM 1 min

RedForce: Ontleder sê Sankwasa is reg

Die bespreking oor die wettigheid van stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se opdrag aan plaaslike owerhede om nie RedForce-kontrakte te hernu of nuwes aan te gaan nie, duur voort. RedForce het sedertdien 'n regsbrief uitgereik wat die onmiddellike terugtrekking van hierdie opdrag eis. Plaaslike owerhede soos Katima Mulilo en Okahandja sê…
11 Aug 12AM 1 min

Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan, ondanks verdeeldheid in die Voorbereidende Taakspan. Ses stigtings, insluitend die Thabo Mbeki- en FW de Klerk-stigting, wil hê dit moet tot Oktober uitgestel word. Ramaphosa sê die byeenkoms is noodsaaklik vir inklusiewe besprekings oor nasionale uitdagings. Die woordvoerder…
10 Aug 11PM 1 min

Burmester vat tweede LIV-titel

Die Suid-Afrikaner Dean Burmester het sy tweede individuele LIV-gholftitel gewen nadat hy die Spanjaarde, Jon Rahm en Josele Ballester, in Chigaco op die eerste uitspeelputjie verslaan het. Burmester het sy aanvanklike voorsprong van twee houe verloor met drie agtereenvolgende houe oor baansyfer, maar het uiteindelik op nege onder 204 klaargemaak…
10 Aug 11PM 1 min

Staccatos kuier by Veterane-sangaand

Die bekende Suid-Afrikaanse sangroep, die Staccatos, is op 20 September in Windhoek vir die Veterane-sangaand van die Vereniging van Uitsaaiveterane. Dit beloof 'n aand vol nostalgie en herinneringe te wees, het een van die sangers, Steve Ashley, aan Kosmos 94.1 gesê. Kaartjies vir die geleentheid kos 200 Namibiese dollar per…
10 Aug 6AM 1 min