Wimbledon-vroue eindstryd: Twee newbies op die baan

--:--
Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, kom môre in die Wimbledon-eindstryd teen die Amerikaner, Amanda Anisimova, te staan. Die gewese wêreld-nommer-een van Pole het gemaklik met Belinda Bencic van Switserland afgereken terwyl Anisimova die wêreld se voorste vrouespeler, Aryna Sabalenka of Belarus verslaan het. Dit is beide Swiatek en Anisimova se eerste Wimbledon-eindstryd. Die 23-jarige Anisimova sê dis ongelooflik om in die eindstryd te speel:
11 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteit meen SA-VSA handelsooreenkoms steeds moontlik

Solidariteit sê ʼn handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds moontlik, ondanks die tarief van 30-persent-tarief wat van vandag geld op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ʼn stel maatreëls aangekondig na aanleiding van die tariefverhoging, onder meer ʼn uitvoerondersteuningskantoor. Jaco Kleynhans van Solidariteit…
1 Aug 11AM 1 min

VSA-inflasie styg dalk nie na tariewe: ekonoom

President Donald Trump se tariewe tree vandag in talle lande in werking met kritici wat sê inflasie sal in die VSA styg saam met die pryse van goedere. William Lee, die hoof-ekonoom van die Milken-instituut het met CNN gepraat en hy meen inflasie sal nie so groot kwessie wees nie.
1 Aug 11AM 1 min

Baanbreker-konferensie oor kankergenomika op pad na Nust

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in samewerking met die Internasionale Sentrum vir Genetiese Ingenieurswese en Biotegnologie, gaan van 24 tot 26 September 2025 'n baanbrekende driedaagse konferensie oor kankergenomika aanbied. Hierdie mylpaalgeleentheid sal toonaangewende wetenskaplikes, navorsers en mediese professionele persone bymekaarbring om die nuutste ontwikkelings in genetiese navorsing…
1 Aug 10AM 1 min

Langbaan-renne by Tony Rust die naweek

Die groot enjins gaan weer brul môre by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek, met die langbaan-renne wat die adrenalien gaan opjaag. Hoewel daar min inskrywings is, sê Francois Lottering motorsport-liefhebbers gaan behoorlik vermaak word.
1 Aug 10AM 1 min