Mega-SOE maak plek vir meer korrupsie - DA

--:--
Die DA maak beswaar teen die ANC se voorstel vir ʼn mega-staatsinstelling en sê dit sal ʼn geleentheid wees vir grootskaalse korrupsie. Dit sal Suid-Afrikaanse belastingbetalers volgens berigte meer as 600-miljoen-rand kos om die instelling te stig wat alle staatsondernemings sal beheer. Darren Bergman van die DA sê geldige kommer bestaan oor die Wetsontwerp op Nasionale Staatsinstellings wat alle staatsondernemings in een houermaatskappy wil plaas met oorsig deur die president:
11 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Winter is boskos-tyd, maar let op diere se behoeftes

Terwyl natuurlike weiding uitdun, verskuif die aandag na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Dagmar Honsbein, 'n kenner in landbou en boskos gesels. Sy sê winter is ‘n goeie seisoen om boskos te benut maar, boere moet oplet.
13 Aug 11AM 1 min

Jesse Kriel opgewonde oor Esterhuizen teen Aussies

Rugby: Die Springbok Jesse Kriel sê hulle verwag ʼn taai stryd teen Australië in Saterdag se Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark, al het die Wallabies pas ʼn uitdagende reeks teen die Britse en Ierse Leeus voltooi. Kriel en André Esterhuizen is die senterpaar terwyl Damian de Allende nog van ʼn ligte besering…
13 Aug 11AM 1 min

Toerisme sien uit na nuwe vlugte tussen Lusaka en Windhoek

Die toerismebedryf is opgewonde oor die aankondiging dat Proflight Zambia 'n nuwe diens met drie vlugte weekliks tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, sal bekendstel, vanaf 3 Maart 2026. Hierdie diens sal na verwagting toerisme, handel en belegging 'n hupstoot gee, en toegang tot die Victoria-waterval via Livingstone bied. Kosmos…
13 Aug 10AM 1 min