
Bernie Sanders voer veldtog teen VSA oligargie
--:--
Die onafhanklike senator Bernie Sanders is tans op toer in die VSA op sy Fighting Oligarchy Tour. Hy spreek sy misnoeë uit oor president Donald Trump se Big, beautiful bill en sê die top 1 persent in die VSA besit meer as die onderste 93 persent en Elon Musk alleen besit meer as 52 persent van wat Amerikaanse huishoudings besit. Hy sê die VSA het ‘n regering van miljardêrs, deur miljardêrs en vir miljardêrs. Hy het met CNN gepraat.