Plaaslike owerhede moet ingryp oor onopgeëiste lyke

--:--
Meer as 30 onopgeëiste lyke en meer as 200 doodgebore babas is steeds in staatslykshuise landwyd. Met stygende begrafniskoste en beperkte openbare steun, waarsku gesondheidsamptenare dat die stelsel onder druk is. Die gesondheidministerie doen 'n beroep op nie-regeringsorganisasies en plaaslike owerhede om in te gryp, aangesien munisipaliteite die mandaat het om begraafplase te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die gesondheidsministerie se woordvoerder, Walters Kamaya gepraat.
11 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Suid-Afrika herdenk Vrouedag

Suid-Afrika herdenk vandag Vrouedag en die regering sê hierdie jaar kyk na die vordering wat vroue gemaak het in leierskap en die ekonomiese lewe, en die stryd teen geslagsgeweld. Die 2025 Nasionale Vrouedag-vieringe met die tema “Die bou van veerkragtige ekonomieë vir almal" sal by die Nkowankowa Stadion in Tzaneen,…
8 Aug 2AM 1 min

Gaza: Israel se oorname sal dodetal verder verhoog

Reaksie stroom in na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu gesê het Israel is van plan om volle militêre beheer oor die hele Gaza te neem. Dr. Natalie Roberts van Doctors without Borders UK het aan Britse media gesê dit sal die dood van baie mense beteken.
8 Aug 2AM 1 min

Verskeie resolusies deur die kabinet aanvaar

Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens 'n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus 'n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.
8 Aug 1AM 1 min

Ramaphosa en Putin gesels per telefoon

President Cyril Ramaphosa het per telefoon met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat oor die oorlog in Oekraïne en sake van gemeenskaplike, bilaterale belang. Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het Westerse nasies verreikende sanksies teen Moskou ingestel in ʼn poging om sy oorlogspoging te stuit. Suid-Afrika het egter…
8 Aug 1AM 1 min

BBU aanlynveiling samel N$174 000 vir bewaring in

Die 2025 Brandberg Backyard Ultra, geborg deur RMB Namibia, het oor die naweek ‘n rekordopkoms gehad maar daar is nog. ‘n Twee-dag aanlynveiling ten bate van Save the Rhino Trust, Ocean Conservation Namibia, en Pangolin Conservation Namibia het meer as 174 000 Namibiese dollar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met…
8 Aug 1AM 1 min