12 Spesmag-lede kry borg in Valke-moordsaak

--:--
Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand elk toegestaan aan 12 lede van die Weermag se Spesiale Magte wat teregstaan vir die moord op 'n ondersoeker van die Valke, Frans Mathipa. Die hoof-ondersoeker in misdade teen die staat is in Augustus 2023 op die N1 naby die Hammanskraal-tolplaza vermoor terwyl hy 'n ontvoering ondersoek het. Die saak is tot Donderdag uitgestel terwyl die ondersoek voortduur. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die borgtog-beslissing is teleurstellend:
11 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvis-strand kry nuwe baadjie

Opknappingswerk by Walvisbaai se Onafhanklikheidstrand sal na verwagting in die komende dae begin, na die oorhandiging van die terrein aan die kontrakteur Larissa Investment CC. Die opgradering is 'n gesamentlike projek tussen die Walvisbaai- en Czerwonak-munisipaliteit van Pole, met EU-befondsing. 'n Toekomstige promenade-wandelpad word ook beoog. Kosmos 94.1 Nuus het…
27 Jul 6AM 1 min

Lesotho het glo militêre kampe in SA

Die intelligensie-eenhede van die SAPD en Lesotho-polisie ondersoek bewerings van Lesotho-militêre kampe in Suid-Afrika. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het met provinsiale polisiehoofde, insluitend die Valke se Misdaad Teen die Staat-eenheid, oor die saak vergader. Sy het die publiek verseker dat nasionale veiligheid 'n topprioriteit…
27 Jul 5AM 1 min

Kultuur, tradisie vorm gemeenskap, sê Ngurare

Namibiërs moet trots wees op hul identiteit en moet hul diversiteit vier, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare was Saterdag die hoofspreker by die Masubia-kultuurfees in die Zambezi-streek. Dit was die eerste keer in vier jaar dat dié jaarlikse fees weer gevier is, aangesien die groep leierloos was. Gilbert Muhongo…
27 Jul 5AM 1 min

Boks: Vroue soek rewolusie in sport

Die nuut aangestelde voorsitter van Vroue in Boks, Rina Sabotsky, sê sy beoog om vroulike boksers te verhef deur hul betrokkenheid buite die kryt as skeidsregters, beoordelaars en amptenare te bevorder. Sabotsky sê in 'n onderhoud met SABC News ondanksvordering, het vroue steeds 'n tekort aan blootstelling en geleenthede. Sy…
27 Jul 3AM 1 min

Fluitjieblaser vrygespreek op bedrogklagte

Die Kaapstadse prokureur Sarah Burger is ná 17 maande in die Oos-Londense Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op alle aanklagte in die 171 miljoen rand Fort Hare-bedrogsaak vrygespreek. Burger, wat die fluitjieblaser oor korrupsie by die universiteit was, beplan nou om die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag te dagvaar. Sy het haar verligting…
27 Jul 2AM 1 min