Opwinding bruis oor Eagles vs Proteas

--:--
Daar heers groot opgewondenheid oor die Suid-Afrikaanse Proteas wat op 11 Oktober 'n internasionale T20-wedstryd teen die Namibiese FNB Eagles in Windhoek speel. Hierdie wedstryd sal die eerste internasionale wedstryd ooit tussen die twee spanne wees en sal ook die amptelike opening wees van die nuwe FNB High Performance Oval. Kosmos 94.1 Nuus het met Jono Leaf-Wright, hoof uitvoerende beampte van krieket SA het meer.
11 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staccatos kuier by Veterane-sangaand

Die bekende Suid-Afrikaanse sangroep, die Staccatos, is op 20 September in Windhoek vir die Veterane-sangaand van die Vereniging van Uitsaaiveterane. Dit beloof 'n aand vol nostalgie en herinneringe te wees, het een van die sangers, Steve Ashley, aan Kosmos 94.1 gesê. Kaartjies vir die geleentheid kos 200 Namibiese dollar per…
10 Aug 6AM 1 min

Waterbelegging onder loep in SA

Suid-Afrika bied volgende week die Afrika-Unie-AIP Waterbeleggingsberaad in Kaapstad aan. Die beraad het ten doel om Afrika se jaarlikse waterbeleggingsagterstand van 531 miljard rand te vul. Staatshoofde, beleggers en internasionale vennote sal fondse insamel vir 'n klimaatsveerkragtige infrastruktuur. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê belangrike uitkomste sluit in…
10 Aug 6AM 1 min

Afrikaanse fees maak buiging in Oshana

Die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur in Oshana het Saterdag die eerste ooit Afrikaanse fees in die streek aangebied. Die fees gaan ‘n jaarlikse instelling word om die taal en kultuur in skole te bevorder wat Afrikaans as vak aanbied. Twaalf skole het aan vanjaar se debuutfees in Ongwediva…
10 Aug 5AM 1 min

ReconAfrica spog oor omvang van Kavango-bron

Die potensiaal van ReconAfrica se eksplorasiegebied in die Kavango is gelykstaande aan dié van sommige aflandige reserwes, sê Brian Reinsborough, die maatskappy se president en uitvoerende hoof. ReconAfrica het onlangs sy Kavango Wes 1X eksplorasieput begin boor, wat na verwagting oor tot 340 miljoen vate olie kan beskik. Reinsborough het…
10 Aug 4AM 1 min

eThekwini in KZN maak geskiedenis met eie krag

eThekwini in KwaZulu-Natal het die eerste munisipaliteit in Suid-Afrika geword wat ministeriële goedkeuring ontvang het om sy eie elektrisiteit op te wek. Minister Kgosientsho Ramokgopa het 'n Artikel 34-bepaling toegestaan, wat Durban in staat stel om 400 megawatt van onafhanklike produsente te verkry, dit is 100 megawatt van sonkrag-fotovoltaïese en…
10 Aug 3AM 1 min