
James O’Connor onverwags terug vir Wallabies
--:--
Rugby: Die losskakel James O’Connor keer die eerste keer sedert 2022 terug na die Wallabies se groep van 36 vir die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige O’Connor vervang Noah Lolesio, wat ʼn nek-operasie ondergaan het. Die eerste toets is volgende naweek op die Suncorp-stadion in Brisbane. O’Connor, wat in 2013 vir die Wallabies gespeel het toe hulle die reeks teen die Leeus 2-1 verloor het, sê hy is opgewonde om in hierdie spesiale reeks te speel: