
Aantygings teen Namcor kom ‘n land pad, sê IPPR
--:--
Vier voormalige Namcor-werknemers en vyf private individue is vandeesweek in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie gekoppel aan vorige transakies met die nasionale oliekorporasie. Die Anti-Korrupsiekommissie sê al nege staan tereg op aanklagte onder die Teenkorrupsiewet. Die hoë-profiel name sluit die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, in. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) sê die arrestasies dui op ernstige tekortkominge in die bestuur van ondernemings in staatsbesit.