
Huurpryse bly doring in Windhoekers se vlees
--:--
PDM-parlementslid Inna Hengari sê die gebrek aan huurbeheer vererger Windhoek se behuisingstekort en dryf huurpryse op. Die gemiddelde huur vir ’n tweeslaapkamer-eenheid het in 2024 tot 7 348 Namibiese dollar gestyg – ’n 14,7 persent toename, teenoor 5,1 persent inflasie. Sy het die dormant Huurordonnansie van 1977 uitgelig en beklemtoon dat huurders steeds benadeel word deur deposito’s wat nie volgens die wet hanteer word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige PDM-LP Maximalliant Katjimune gepraat.