
Vraag na olie daal vanjaar
--:--
Die Internasionale Energie-agentskap se Julie-verslag dui daarop dat die wêreldwye groei in die olievraag met slegs 700 000 vate per dag in 2025 sal styg. Dit is die stadigste groei sedert 2009, teenoor die wêreldwye styging van 950 000 vate in Junie tot 105,6 miljoen vate per dag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat.