BOSA boos oor Cyril se plan met polisie-beweringe

Network error while loading playlist url
Build One South Africa sê president Cyril Ramaphosa moes eerder die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag gegee het om die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings te ondersoek. Die president het ʼn regterlike ondersoek ingestel na die bewerings in verband met misdaadsindikate se infiltrering van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings in die strafregstelsel. BOSA-leier Mmusi Maimane sê dis kommerwekkend dat die president gekies het om geregtigheid met ʼn ondersoek te vertraag:
14 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Please call me'-skepper soek steeds R9,4 miljard by Vodacom

Die skepper van “Please Call Me”, Nkosana Makate, sê hy is vol vertroue die Appèlhof sal Vodacom dwing om hom 9,4-miljard Suid-Afrikaanse rand se vergoeding te betaal. Makate het Vodacom se vroeëre aanbod van 47-miljoen-rand verwerp. Die Konstitusionele Hof het Vodacom nou verlof tot appèl toegestaan en kritiseer die Appèlhof…
31 Jul 11AM 1 min

Toestande in Gaza net lyding vir kinders: Unicef

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. 'n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo…
31 Jul 11AM 1 min

Moenie Goreangab-dam vis eet nie, dis gevaarlik

Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en waarsku inwoners om nie vis in die Goreangab-dam te vang om te eet nie. Volgens die ministerie word vis wat in die dam gevang word selfs verkoop. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in…
31 Jul 10AM 1 min

Angola brandstofprysstyging 'gaan nie ngungula-smokkel keer'

Reaksie word ontvang op die verwydering van subsidies op die brandstofprys in Angola. Dit het na geweld in die buurland gelei na die prys op 1 Julie met meer as 30 persent gestyg het en 22 mense is dood. Maar die prys, 7 Namibiese dollar 72 sent per liter is…
31 Jul 10AM 1 min