Land het uitdagings met rook, drank en dwelms

--:--
Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het by die opening van die werkswinkel oor tabak- en alkoholbeheer in Windhoek gesê dat voorkoming beter is as behandeling, maar daar is nog baie om te doen. Die land het geen wetgewing rakende damprook nie en drank en dwelms bly ‘n reuse-uitdaging.
14 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Net hierdie reisgers moet aankomsvorms invul

Namibië se ministerie van binnelandse sake sê slegs sommige reisigers hoef aankomsvorms by toegangshawens te voltooi. Namibiese burgers, inwoners, permanente inwoners en diegene met opgedateerde e-visums wat ook as aankomsvorms dien, is vrygestel. Reisigers met ouer e-visums moet steeds die vorm voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se…
28 Jul 10AM 1 min

Streeksamewerking 'dalk beter vir olie- en gasbedryf'

TotalEnergies is in gesprek met die Mosambiekse regering om gunstige omstandighede te skep om werk aan sy lang vertraagde LNG-projek in die noorde van die land te hervat. TotalEnergies sê soortgelyke gesprekke met die Namibiese regering sal moet plaasvind alvorens hy volgende jaar ‘n finale beleggingsbesluit oor die Venus-olieveld in…
28 Jul 10AM 1 min

Namibië beweeg hoër op inligtingstegnologie-ontwikkelingsindeks

Die Internasionale Telekommunikasie-unie het sy inligtingstegnologie-ontwikkelingsindeks vrygestel. Dit meet globale digitale konnektiwiteit. Namibië het beduidende verbetering getoon, verskeie SAOG-eweknieë oortref en net agter streekleiers soos Suid-Afrika, Botswana en Mauritius geëindig. Die plaaslike kommunikasie owerheid, Cran se uitvoerende hoof van kommunikasie Mufaro Nesongano het meer.
28 Jul 10AM 1 min

Prasa-loonverhoging verbly Cosatu

Cosatu het Satawu geprys omdat hy 'n loonverhoging van 5,5-persent, wat 'n geen-afleggingsklousule insluit, met die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verseker het. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, het egter Prasa se beplande tariefverhogings van tot 58-persent gekritiseer. Sy is ook bekommerd oor die Valke se klopjag by Prasa se hoofkwartier wat…
28 Jul 9AM 1 min

Lande moet Israel druk om oorlog te beëindig: Türk

Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir menseregte, Volker Türk, het regerings gevra om hul invloed te gebruik en druk op Israel te plaas om die oorlog in Gaza te beëindig. Israel het Sondag tien ure lank ʼn taktiese onderbreking van militêre optrede in drie gebiede in Gaza ingestel te midde…
28 Jul 9AM 1 min