Ekonoom sê die land het in werklikheid armer geword

--:--
Daar is steeds reaksie op Namibië se verskuiwing van die boonste middelinkomstegroep na die laer middelinkomstegroep deur die Wêreldbank. Van die voordele hiervan sluit in die vermoë om toegang tot internasionale lenings teen laer rentekoerse te verkry. Namibië se buitelandse skuld sal na verwagting vanjaar tot 172 miljard Namibiese dollar groei, of 62 persent van die BBP. Kosmos 94.1 Nuus het dr. Omu Kakujaha-Matundu, van die Departement Ekonomie, by Unam gepraat.
15 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mashatile beloof miljarde vir infrastruktuur opknapping

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is besig om aandag te skenk aan die watertekort in die land namate die vraag toeneem as gevolg van ekonomiese en bevolkingsgroei. Hy sê die regering het belowe om oor die volgende drie jaar meer as 940 miljard Suid-Afrikaanse rand aan infrastruktuur te bestee…
3 Aug 5AM 1 min

VN-koördineerder het lof vir onderwys-integrasie

Plaaslike VN-koördineerder Hopolang Phororo het Namibië geprys vir die integrasie van vroeë kinderontwikkeling en onderwysersopleiding in sy onderwysstelsel, in lyn met globale doelwitte vir inklusiewe, gehalte-onderwys. Tydens die bekendstelling van die 'End Learning Poverty'-veldtog in Outjo het sy die VN se steun herbevestig en pogings uitgelig om leerders toe te…
3 Aug 5AM 1 min

Kaapse Onafhanklikheidsparty sê Kaapstad keer nasionale regeringsbefondsing

Die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê die Stad Kaapstad het sy aansoek om as 'n Amicus Curiae toegelaat te word in die saak tussen die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging en Kaapstad verwerp. Joan Swart van die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê hulle wou aanvoer dat artikel 214 van die Grondwet billike verdeling van inkomste tussen regeringsafdelings…
3 Aug 3AM 1 min

NamRA stel indiening rakende artikel 21 tot einde Oktober uit

NamRA, het die sperdatum vir die indiening van sekere inkomstebelastingopgawes tot 31 Oktober verleng. Dit is slegs vir belastingbetalers wat geraak word deur die implementering van artikel 21 van die Inkomstebelastingwet. Die artikel stel perke op die vasstelling van beoordeelde verliese wat uit vorige assesseringsjare oorgedra is. Kosmos 94.1 Nuus…
3 Aug 2AM 1 min

BEE ondermyn nie groei in SA nie - Ramokgopa

'n Nasionale uitvoerende komiteelid van die ANC, Kgosientsho Ramokgopa, sê die kwessie van ekonomiese groei en die nastrewing van swart ekonomiese bemagtiging is nie onversoenbaar nie. Hy sê die besluit van president Donald Trump om 'n straftarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel, het niks te doen met…
3 Aug 2AM 1 min