
Spookwerkers moet aangespreek word
--:--
Die Vereniging van Staatsamptenare vra onmiddellike, beslissende optrede om spookwerkers in die staatsdiens uit te skakel. ʼn Oudit van die Passasierspooragentskap se betaalstaat het op byna 3 000 spookwerkers afgekom. Die Gautengse Gesondheidsdepartement het onlangs die salarisse van meer as 200 werknemers gevries wat nie bevestig kon word nie. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê as slegs 1 persent van die staatsdiens se arbeidsmag van 1,3 miljoen werknemers spookwerkers is, kos dit die land jaarliks meer as 3,9 miljard Suid-Afrikaanse rand: