Oorskot van vermeende renosterstroper in Kruger gevind

--:--
Die liggaam van ʼn vermeende renosterstroper is die naweek in die Krugerwildtuin gevind. Hy is vermoedelik in ʼn skietery met veldwagters dood. ʼn Woordvoerder van SANParke, Reynold Thakhuli, sê die liggaam is ontdek nadat drie veldwagters op patrollie op drie vermeende stropers afgekom het. Hy sê die veldwagters het die drie beveel om te stop, maar die vermeende stropers het op hulle losgebrand en hulle het teruggeskiet:
15 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kganyago vra vir inflasie op 3%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy verkies dat inflasie op 3 persent bly, minder as die huidige teiken van 3 tot 6 persent. Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê laer inflasie kan laer terugkoopkoerse beteken, met modelle wat toon koerse sal mettertyd onder 6 persent daal. Kganyago beklemtoon die…
1 Aug 6AM 1 min

Kamala skryf boek oor veldtog: 107 Days

Amerika se gewese visepresident, Kamala Harris, het ʼn boek geskryf met die titel, 107 Days. Dit gee ʼn kykie agter die skerms van haar ervaring wat gelei het tot die kortste presidensiële veldtog in moderne geskiedenis. Die boek handel oor haar Withuis-veldtog van die tyd toe oudpresident Joe Biden aan…
1 Aug 6AM 1 min

Namport skenk ruim aan bejaardes in die Suide

Namport het sy Winter Warmth-inisiatief in Lüderitz van stapel gestuur. Komberse sal aan bejaardes in Aus, Bethanie, Walvisbaai en Lüderitz voorsien word. Die poging, ondersteun deur vennote soos Walvisbaai Sout, Reload Logistics en FP du Toit Transport, het ten doel om kwesbare groepe hierdie winter by te staan. Kosmos 94.1…
1 Aug 6AM 1 min

Boorwerk begin in PEL 85

Namcor sê boorwerk van die Volans-1X-eksplorasieput in Blok PEL 85 in die Oranje-bekken het begin. Die 55-dae lange operasie, wat deur Rhino Resources bedryf word en deur Deepsea Mira uitgevoer word, is daarop gemik om 'n nuwe reservoir te toets. Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka het meer.
1 Aug 6AM 1 min