Kabinet versterk regulering van medisyne

--:--
Inligtingsminister Emma Theofelus het die kabinet se goedkeuring aangekondig om die Namibië Medisyne Reguleringsraad te versterk, insluitend die aanstel van meer personeel om doeltreffendheid te verhoog. Dit volg op bewerings van ongelisensieerde medisyneverkope en -diefstal, wat nou deur die Teenkorrupsie-kommissie ondersoek word. Die kabinet steun ook gesondheidsinisiatiewe na Namibië se deelname aan die Africa Health Expo, en aksieplanne na aanleiding van president Nandi-Ndaitwah se besoeke aan streekslande.
15 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteit meen SA-VSA handelsooreenkoms steeds moontlik

Solidariteit sê ʼn handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds moontlik, ondanks die tarief van 30-persent-tarief wat van vandag geld op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ʼn stel maatreëls aangekondig na aanleiding van die tariefverhoging, onder meer ʼn uitvoerondersteuningskantoor. Jaco Kleynhans van Solidariteit…
1 Aug 11AM 1 min

VSA-inflasie styg dalk nie na tariewe: ekonoom

President Donald Trump se tariewe tree vandag in talle lande in werking met kritici wat sê inflasie sal in die VSA styg saam met die pryse van goedere. William Lee, die hoof-ekonoom van die Milken-instituut het met CNN gepraat en hy meen inflasie sal nie so groot kwessie wees nie.
1 Aug 11AM 1 min

Baanbreker-konferensie oor kankergenomika op pad na Nust

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in samewerking met die Internasionale Sentrum vir Genetiese Ingenieurswese en Biotegnologie, gaan van 24 tot 26 September 2025 'n baanbrekende driedaagse konferensie oor kankergenomika aanbied. Hierdie mylpaalgeleentheid sal toonaangewende wetenskaplikes, navorsers en mediese professionele persone bymekaarbring om die nuutste ontwikkelings in genetiese navorsing…
1 Aug 10AM 1 min

Langbaan-renne by Tony Rust die naweek

Die groot enjins gaan weer brul môre by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek, met die langbaan-renne wat die adrenalien gaan opjaag. Hoewel daar min inskrywings is, sê Francois Lottering motorsport-liefhebbers gaan behoorlik vermaak word.
1 Aug 10AM 1 min