VK moet klimaat-kwessies dringend aanpak

--:--
Die Britse minister van Energie en Klimaatsverandering, Ed Miliband, sê die jongste klimaatverslag is 'n duidelike waarskuwing oor die dringendheid om klimaatsverandering aan te pak. Die verslag bevestig dat die Verenigde Koninkryk se klimaat aansienlik verskil van vorige dekades, met uiterste hitte en reënval wat die norm word as gevolg van mensgemaakte aardverwarming. Die verslag dui ook aan dat die Britse seevlakke vinniger styg as die wêreldgemiddelde. Miliband het in die Parlement die regering se verbintenis tot die aanpak van klimaatsverandering beklemtoon:
15 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Musheko gesels oor oorgrenspyplyn vir groenwaterstof

'n Teoretiese meesterplan ter waarde van 29 miljoen Namibiese dollar vir 'n oorgrens waterstof-pyplyn met Suid-Afrika sal teen middel-2026 ontwikkel word. Die pyplyn sal spilpunte in Lüderitz, Boegoebaai en Saldanhabaai verbind, met 'n deurgang na Gauteng. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die woordvoerder van die Groenwaterstofprogram, wat…
1 Aug 4AM 1 min

Trump se tariewe is 'n mengelmoes van persentasies

President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken wat tariewe vir meer as 60 lande aanpas terwyl die nuwe tariewe op ingevoerde goedere vandag van krag word. Dit is so hoog as 41-persent vir Sirië en 40-persent vir Laos en Mianmar. Kanada se tarief styg van 25- tot…
1 Aug 4AM 1 min

Karpowership se ooreenkoms is amptelik dood

Die organisasie teen belastingmisbruik, sê 'n uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria om die Turkse maatskappy, Karpowership se opwekkingslisensie om te keer, beteken die omstrede energie-ooreenkomste is nou amptelik dood en sal nie elektrisiteitpryse beïnvloed nie. Die lisensies wat deur die energie reguleerder toegeken is, was deel van 'n beplande…
1 Aug 3AM 1 min

Kommer oor moontlike aanval deur China op Taiwan

Die bedreiging van 'n Chinese inval hang al lank oor Taiwan, en daar is 'n nuwe intensiteit aan daardie druk. China hou toenemend militêre- en vloot-oefeninge om Taiwan, wat selfregerend en demokraties is, terwyl China dit as 'n wegbreekprovinsie beskou en hereniging wil hê. Amerikaanse president Donald Trump se wispelturigheid…
1 Aug 3AM 1 min

BoN stuur verskeie inisiatiewe van stapel

Die Bank van Namibië het onlangs sy 35ste bestaansjaar gevier met die loods van nuwe banknote en munstukke maar, die sentrale bank sê 'n reeks inisiatiewe onder die tema "Geanker in Stabiliteit, Vooruitgang met Transformasie" insluitend jeugprogramme, openbare betrokkenheidsaktiwiteite en beleidsdialoë is op pad om ekonomiese bewustheid en inklusiewe groei…
1 Aug 2AM 1 min