Regering sit kernkrag-bal aan die rol

--:--
Namibië het amptelik gesprekke begin met die Internasionale Atoomenergie-agentskap rakende 'n ondersoek om 'n kernkragaanleg te bou, wat na verwagting ten minste tien jaar sal duur. Die uitvoerende direkteur in die Ministerie van Mynwese en Energie, Ben Nangombe, sê die projek moet aan 19 belangrike infrastruktuurstandaarde voldoen, insluitend regulatoriese aangeleenthede. Die regering oorweeg 'n reeks keuses, insluitend klein modulêre reaktors en grootskaalse aanlegte. Hy sê die projek, teen 106-miljard Namibiese dollar, vorm deel van 'n breër nasionale energiestrategie:
15 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lynministerie sê oor brandstofprys

Die brandstofprys vir Augustus het onveranderd gebly. Die energie-ministerie sê daar was onderverhalings van 46 sent per liter petrol, 90,62 sent per liter diesel 50ppm en 83,86 sent per liter vir diesel 10ppm. Die Nasionale Energiefonds sal die onderverhalings absorbeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Anna Salkeus, woordvoerder van die…
2 Aug 12AM 1 min

SAPD lê beslag op 56 000 foto's en video's van kinderpornografie

Die polisie hou 'n 59-jarige man in Standerton aan vir die besit van beeldmateriaal van seksuele misbruik van kinders, en beslag gelê op meer as 56 000 foto's en video's. Dit bring die totale aantal arrestasies as deel van Operation Bad Vibes op 16 te staan. Vyftien vuurwapens en digitale…
1 Aug 11PM 1 min

Solidariteit meen SA-VSA handelsooreenkoms steeds moontlik

Solidariteit sê ʼn handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds moontlik, ondanks die tarief van 30-persent-tarief wat van vandag geld op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ʼn stel maatreëls aangekondig na aanleiding van die tariefverhoging, onder meer ʼn uitvoerondersteuningskantoor. Jaco Kleynhans van Solidariteit…
1 Aug 11AM 1 min

VSA-inflasie styg dalk nie na tariewe: ekonoom

President Donald Trump se tariewe tree vandag in talle lande in werking met kritici wat sê inflasie sal in die VSA styg saam met die pryse van goedere. William Lee, die hoof-ekonoom van die Milken-instituut het met CNN gepraat en hy meen inflasie sal nie so groot kwessie wees nie.
1 Aug 11AM 1 min