CCF sê oor Nabha-jagluiperdwyfie

--:--
Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Nabha, die agtjarige wyfiejagluiperd in Indië se Kuno Nasionale Park, wat Saterdag vrek is aan beserings wat sy na bewering 'n week gelede tydens 'n jagtog opgedoen het. Volgens owerhede was een van haar bene gebreek en was behandeling ondoeltreffend. Nabha was een van agt jagluiperds wat Namibië in 2022 na Indië gestuur het.
16 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Padreëls: Strafpuntstelsel kom in SA

Die Padverkeersoortredingsagentskap sal vanaf 1 Desember begin met die inwerkingstelling van die langverwagte strafpuntestelsel, met die aanvanklike inwerkingtreding by 69 munisipaliteite. Die woordvoerder, Monde Mkalipi, het aan Newzroom Afrika gesê 'n verdere 144 munisipaliteite sal vanaf 1 April 2026 volg. Die stelsel teiken ernstige padoortredings wat met hoë padsterftes verband…
6 Aug 11PM 1 min

Verlaging van Lesotho-tariewe is te laat

Die minister van Handel van Lesotho, Mokhethi Shelile, waarsku dat die vermindering van Amerikaanse tariewe van 50-persent na 15-persent moontlik te laat is om die land se sukkelende tekstielbedryf te red. Maande van onsekerheid het fabrieksluitings en werksverliese tot gevolg gehad. Dié sektor, Lesotho se hoofuitvoerder en grootste privaatwerkgewer, het…
6 Aug 11PM 1 min

Namport verduidelik maatskaplike fonds-insameling

Namport se maatskaplike besteding is in die nuus. Die maatskappy het reeds 58,2 miljoen Namibiese dollar van sy 78 miljoen dollar maatskaplike beleggingsfonds landwyd bestee. Kosmos 94.1 Nuus het met Cliff Shikuambi, Namport se woordvoerder gepraat.
6 Aug 11AM 1 min

Appèl aangeteken teen Shell-projekte aan Weskus

Burgerlike organisasies en kusgemeenskappe het amptelik appèl aangeteken teen die regering se omstrede besluit om goedkeuring te gee vir Shell se Ultra Deep olie- en gasprojek aan die Weskus. Die gebied waar Shell wil ontgin, is tussen Port Nolloth in die Noord-Kaap en Lambertsbaai in die Wes-Kaap. Green Connection se…
6 Aug 11AM 1 min