Meer as 7 000 Afghane is in VK hervestig na inligting uitlek

--:--
Duisende Afghaanse mense waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per ongeluk hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle bloot aan ernstige geweld of moord deur die Taliban. Die Verenigde Koninkryk se minister van Verdediging, John Healey, het aan die Laerhuis gesê byna 7 000 Afghaanse burgers wat deur die voorval geraak word, is in dié land hervestig:
16 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Net hierdie reisgers moet aankomsvorms invul

Namibië se ministerie van binnelandse sake sê slegs sommige reisigers hoef aankomsvorms by toegangshawens te voltooi. Namibiese burgers, inwoners, permanente inwoners en diegene met opgedateerde e-visums wat ook as aankomsvorms dien, is vrygestel. Reisigers met ouer e-visums moet steeds die vorm voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se…
28 Jul 10AM 1 min

Streeksamewerking 'dalk beter vir olie- en gasbedryf'

TotalEnergies is in gesprek met die Mosambiekse regering om gunstige omstandighede te skep om werk aan sy lang vertraagde LNG-projek in die noorde van die land te hervat. TotalEnergies sê soortgelyke gesprekke met die Namibiese regering sal moet plaasvind alvorens hy volgende jaar ‘n finale beleggingsbesluit oor die Venus-olieveld in…
28 Jul 10AM 1 min

Namibië beweeg hoër op inligtingstegnologie-ontwikkelingsindeks

Die Internasionale Telekommunikasie-unie het sy inligtingstegnologie-ontwikkelingsindeks vrygestel. Dit meet globale digitale konnektiwiteit. Namibië het beduidende verbetering getoon, verskeie SAOG-eweknieë oortref en net agter streekleiers soos Suid-Afrika, Botswana en Mauritius geëindig. Die plaaslike kommunikasie owerheid, Cran se uitvoerende hoof van kommunikasie Mufaro Nesongano het meer.
28 Jul 10AM 1 min

Prasa-loonverhoging verbly Cosatu

Cosatu het Satawu geprys omdat hy 'n loonverhoging van 5,5-persent, wat 'n geen-afleggingsklousule insluit, met die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verseker het. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, het egter Prasa se beplande tariefverhogings van tot 58-persent gekritiseer. Sy is ook bekommerd oor die Valke se klopjag by Prasa se hoofkwartier wat…
28 Jul 9AM 1 min

Lande moet Israel druk om oorlog te beëindig: Türk

Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir menseregte, Volker Türk, het regerings gevra om hul invloed te gebruik en druk op Israel te plaas om die oorlog in Gaza te beëindig. Israel het Sondag tien ure lank ʼn taktiese onderbreking van militêre optrede in drie gebiede in Gaza ingestel te midde…
28 Jul 9AM 1 min