Thieme sê alle opsies word by Farmers Meat Market oorweeg

--:--
Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê fase een van sy studie oor die betrek van skaapboere by die waardeketting is voltooi. Cirrus is aangestel om uitvoeropsies te ondersoek, en het bevind dat hoewel op-die-hoe-uitvoere na Suid-Afrika steeds belangrik is, oormatige afhanklikheid riskant is. Toegang tot EU-markte is nodig. Boere kan ook aandele in Farmers Meat Market verkry, wat mik om jaarliks 120 000 verslagtings te doen. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, die uitvoerende hoof van Ohlthaver & List en eienaar van die abattoir, gepraat.
16 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motorsport: Ovaalrenne vanmiddag op Tsumeb

Die vierde been van die Tsumeb Motorklub se grondbaan-ovaalrenne vind vanmiddag vanaf drie-uur op die dorp plaas. Francois Lottering het met Willie van Wyk, die ondervoorsitter van die klub gesels oor wat verwag kan word.
26 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Spoed, drank dryf ongelukke in hoofstad

Lede van die hooggregshof het Vrydagaand by Copps 94.1 en die Namibiese polisie aangesluit om warm klere en sop aan behoeftigdes in Windhoek uit te deel. Op die misdaadfront, was daar ‘n ernstige motorongeluk in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span doen verslag van die toneel:
26 Jul 12AM 1 min

Regering bou 300 huise, Shack Dwellers 3 100

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander…
25 Jul 11AM 1 min

Kaapse seekoei vind nuwe tuiste in Plet

Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne…
25 Jul 11AM 1 min