Die vierde been van die Tsumeb Motorklub se grondbaan-ovaalrenne vind vanmiddag vanaf drie-uur op die dorp plaas. Francois Lottering het met Willie van Wyk, die ondervoorsitter van die klub gesels oor wat verwag kan word.
Lede van die hooggregshof het Vrydagaand by Copps 94.1 en die Namibiese polisie aangesluit om warm klere en sop aan behoeftigdes in Windhoek uit te deel. Op die misdaadfront, was daar ‘n ernstige motorongeluk in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span doen verslag van die toneel:
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander…
Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.