Oshakati watersuiweringsaanleg-projek skop af

Network error while loading playlist url
Die sooispit seremonie vir die Oshakati watersuiweringsaanleg verlengingsprojek het vandag plaasgevind. Die belangrike waterinfrastruktuur-inisiatief sal die voorsiening van skoon water in die Oshana-, Ohangwena- en Oshikoto-streke aansienlik verhoog. Die nuwe aanleg sal 50 000 kubieke meter per dag byvoeg tot die huidige behandelingskapasiteit van 40 000 kubieke meter per dag om aan die stygende vraag te voldoen. Die projek word befonds deur 'n lening van die Afrika-ontwikkelingsbank. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens die seremonie in Oshakati gepraat.
17 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Honger eis 85 kinderlewens in Gaza

Ministens 71 Palestyne is Saterdag in Israeliese skermutselings in Gaza dood, insluitende 42 mense wat voedselhulp gesoek het. Gesondheidsowerhede in Gaza sê nóg mense het Saterdag van honger omgekom. Altesaam 127 mense, insluitende 85 kinders, is reeds van honger dood sedert die oorlog met Israel begin het. Israel het tot…
27 Jul 1AM 1 min

Rugby: Maak of breek vir Namibië teen UAE

‘n Reuse-wedstryd lê vanmiddag vir Namibië se nasionale rugbyspan voor wanneer hulle om twee-uur teen die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda uitdraf. Dit is Namibië se laaste geleentheid om ‘n kans te staan om na die Wêreldrugbybeker-toernooi in 2027 in Australië deur te dring. Afrigter Jacques Burger het met…
26 Jul 7AM 1 min

Vroeë tekens van La Niña

Daar was vreemde winterweer regoor die land die week, warm en met donderweer wat plek-plek voorgekom het, asof dit somer is. Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê daar is 'n weerstelsel wat effe na 'n La Niña -weerverskynsel lyk. Hy het die vooruitsigte vir die komende week.
26 Jul 5AM 7 min

Noord-Kaap ‘n ekonomiese kragbron, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die Noord-Kaap se groenwaterstof-meesterplan is 'n toekomstige ekonomiese kragbron, wat die middelpunt is van Suid-Afrika se hernubare energie-oorgang en noodsaaklik vir die land se langtermyn-ekonomiese groei. Ramaphosa het gepraat op 'n vergadering met die provinsiale leierskap in Kimberley. Hy sê hy glo die plan sal nie…
26 Jul 4AM 1 min

Baie Ford-modelle in SA herroep

Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig dat 'n groot aantal Ford-modelle herroep moet word weens ernstige veiligheids-gevare. Dit sluit in Ranger-, Everest-, Puma- en EcoSport- modelle. Die voertuie se enjins kan afskakel en brandstoflekkasies of handremprobleme veroorsaak. Die modelle wat geraak word is tussen 2021 en vanjaar verkoop. Die kommissie se…
26 Jul 3AM 1 min