
Miljarde verhaal in staatskapingsvervolgings
--:--
President Cyril Ramaphosa sê miljarde rande is verhaal in staatskapingsvervolgings, 'n aanduiding van vordering met die herstel van aanspreeklikheid en vertroue in regeringsinstellings. Ramaphosa het in sy reaksie op die begroting van die Presidensie die Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid se pogings geprys om korrupte individue te vervolg en gesteelde openbare fondse terug te eis. Hy sê geld wat verhaal is sal gebruik word om dienslewering te ondersteun en instellings te herbou wat deur korrupsie geraak is: