SA stel ietermago-ooreenkoms bekend

--:--
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het die Ietermago-ooreenkoms Wildsmisdaad-bewustheidsveldtog as 'n G20-erfenisprojek van stapel gestuur. Hy sê die projek is daarop gemik om bewustheid te skep oor wildsmisdade en hoe Suid-Afrika en ander G20-lande die onwettige handel in wild, insluitend perlemoen, ietermagogs, renosters en leeus, bekamp. George sê hierdie projek ondersteun Suid-Afrika se nasionale geïntegreerde strategie, wat in 2023 deur die Kabinet goedgekeur is, om die handel in wild te bekamp:
20 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fluitjieblaser vrygespreek op bedrogklagte

Die Kaapstadse prokureur Sarah Burger is ná 17 maande in die Oos-Londense Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op alle aanklagte in die 171 miljoen rand Fort Hare-bedrogsaak vrygespreek. Burger, wat die fluitjieblaser oor korrupsie by die universiteit was, beplan nou om die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag te dagvaar. Sy het haar verligting…
27 Jul 2AM 1 min

China gee N$100 m vir boorgate

Landbou- en waterminister Inge Zaamwani sê sy gaan na die private sektor uitreik vir vennootskappe om die regering te help om die teikens van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP 6, te bereik. Zaamwani het Saterdag die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos van stapel gestuur, in samewerking met die…
27 Jul 1AM 1 min

Honger eis 85 kinderlewens in Gaza

Ministens 71 Palestyne is Saterdag in Israeliese skermutselings in Gaza dood, insluitende 42 mense wat voedselhulp gesoek het. Gesondheidsowerhede in Gaza sê nóg mense het Saterdag van honger omgekom. Altesaam 127 mense, insluitende 85 kinders, is reeds van honger dood sedert die oorlog met Israel begin het. Israel het tot…
27 Jul 1AM 1 min

Rugby: Maak of breek vir Namibië teen UAE

‘n Reuse-wedstryd lê vanmiddag vir Namibië se nasionale rugbyspan voor wanneer hulle om twee-uur teen die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda uitdraf. Dit is Namibië se laaste geleentheid om ‘n kans te staan om na die Wêreldrugbybeker-toernooi in 2027 in Australië deur te dring. Afrigter Jacques Burger het met…
26 Jul 7AM 1 min

Vroeë tekens van La Niña

Daar was vreemde winterweer regoor die land die week, warm en met donderweer wat plek-plek voorgekom het, asof dit somer is. Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê daar is 'n weerstelsel wat effe na 'n La Niña -weerverskynsel lyk. Hy het die vooruitsigte vir die komende week.
26 Jul 5AM 7 min