Kiss cams, cronies en konstabels wat hyg

Loading player...
In hierdie week se KLETS ruk ons die kombers van realiteit af – en wat daaronder uitkruip is ’n mengsel van korrupsie, affairs en die laaste krummels van integriteit.

Die Coldplay kiss cam het dit weer gewys: ’n man is ’n bok, en ’n bok is… wel, ’n bliksem. Maar is dit net mans wat afdwaal? Colene bring die statistiek: wie cheat, hoe cheat hulle en wanneer. Matthys ontbloot dat vrouens dalk meer as net byspeler is in die drama van egskeidings. En vir almal wat nog darem getrou is - daar’s hoop (of gevaar): vrouens raak glo eers regtig lus vir buite-egtelike verhoudings in hul sestigs, en mans eers in hul sewentigs. Cheers op laat liefde en lus.

Dan die global village. Dis minder “love thy neighbour” en meer “Trump laai gevaarlike migrante in Eswatini af”. Is hulle dalk volgende op die kabinetlys?

Cyril se cronies is op “spesiale verlof”, Nobuhle Nkabane is ge-offer, en volgens die MK is sy die lam ter slagting. Is die MK dalk hierdie keer reg? Is dit hoekom Gauteng dalk volgende week sneeu kry?

Intussen blyk dit Suid-Afrika is nog méér korrup as wat ons al vermoed het. Maar moenie vrees nie – jou groen paspoort koop jou nog toegang tot ’n paar plekke sonder visum.

En moet asseblief net nie te vinnig hardloop nie… Jy wil nie soos Konstabel Mavuso en 10 ander oorgewig polisielede ná ’n lekker braai by die polisiestasie vir drie ure nog steeds sweet en hyg na hul agter ’n dief, of soos Granny Noma hom beskryg het “blur of muscle”, aan gejaag het nie.

Suid-Afrika is 'n movie, ’n riller, maar jy kan net lag. Of huil. Of altwee.
23 Jul 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min