Episode 49 | ‘Hoe dink ons oor hulp?’ - Jan Lubbe in gesprek met ander oor Gasa-skenking

Loading player...
Hoekom het die NG Kerk se leierskap juis nou besluit om R250 000 te skenk vir humanitêre hulp in Gasa? Wie kry die geld en kan ons vertrou die geld kom wel by noodlydendes uit? Hoekom het hierdie skenking soveel reaksie ontlok?

Jan Lubbe en dr Nioma Venter gee breedvoerig toeligting op dié vrae in hierdie episode van Kerkbode Kollig. Ds Lubbe is moderator van die NG Kerk en Venter is die algemene sekretaris. Die politieke ontleder, prof Theo Venter, neem ook vanuit Potchefstroom af aan hierdie wydlopende gesprek deel. Hy gee sy insae in wat tans ontvou in die komplekse konfliksituasie tussen Gasa en Israel.

Lees ook rubrieke en verklarings op Kerkbode se webtuiste.
22 Aug 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min