Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’

Loading player...
Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud
“Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe.
Hy gesels ook oor die Springbokke se toets teen die All Blacks Saterdag op Eden Park – ’n veld waar hy self 12 jaar gelede teen Nieu-Seeland uitgedraf het. Hy praat ook oor die omstrede rooi kaart wat Bismarck du Plessis in dié veelbesproke toets gekry het vir ’n klipharde duikslag op Dan Carter.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
3 Sep 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Ackers: ‘Ek het begin wonder of ek ’n fout gemaak het...’

Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin. “Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n…
17 Jun 22 min

Annerie oor T20-WB: ‘Ons droom oor wat kan gebeur’

Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin. Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou…
10 Jun 19 min

Sacha gekrok: Moet Manie of Pollie teen Rose begin?

Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin? Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak.
3 Jun 29 min

Jimmy oor SA Beker: ‘Gee vir ons TV-blasers!’

Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd. Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou. Ons wil…
27 May 30 min

Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’

Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug…
20 May 19 min