Marelize-rolprent toon potensiaal van mede-produksies

Loading player...
Die onlangse sukses van ‘My F*k, Marelize’ – die Afrikaanse film oor ’n Namibiese gesin – word gesien as ’n belowende aanduiding van die potensiële sukses van medeproduksies tussen Suid-Afrika en Namibië. Die film het reeds meer as een miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Suid-Afrikaanse loket verdien en is tans boaan die lys van gewildste films in Namibië. Joel Haikali van Joe Vision Productions, die Namibiese produksievennoot, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
8 Sep 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Befondsing vir die SANW dringend nodig

Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa en die Nasionale Tesourie om dringend aandag te skenk aan die belofte om bykomende hulpbronne aan die weermag toe te ken. Die vereniging sê die weermag ondervind stygende operasionele uitgawes, 'n veranderende veiligheidsomgewing en hulpbronbeperkings. Claude Naicker van die…
24 Feb 5AM 1 min

Tories sê Starmer se tyd is verby na Mandelson-skandale

Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, sê die inhegtenisneming van die gewese ambassadeur in Amerika, Peter Mandelson, is 'n bepalende oomblik vir eerste minister Keir Starmer. Mandelson is aangekeer vir beweerde wangedrag in 'n openbare amp en op borgtog vrygelaat. Hy het na bewering sensitiewe regeringsinligting aan die ontslape veroordeelde…
24 Feb 5AM 1 min

Namibië neem deel aan dekarboniersingsprogram

Namibië is gekies om deel te neem aan die CIF Nywerheid-dekarboniseringsprogram, 'n wêreldwye inisiatief wat deur die Wêreldbank en ander vennote ondersteun word. Die land kan tot 250 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 4,7 miljard Namibiese dollar, in konsessiefinansiering ontvang om die oorgang na lae-koolstofproduksie te versnel. Die fokus is op…
24 Feb 5AM 1 min

Sanitasie-tekorte is skandelik

Byna 'n dekade nadat voormalige president Hage Geingob se Harambee-welvaartsplanne beter sanitasie belowe het, worstel Namibië steeds met 'n diep sanitasiekrisis. Met 'n nasionale sanitasietekort van 40 persent en sommige streke waar tot 77 persent van huishoudings nie toilette het nie, bly openbare ontlasting 'n werklikheid. Kosmos 94.1 Nuus het…
24 Feb 5AM 1 min

Vrugtevlieg onder die loep vir volgehoue druiwe- en tamatie-uitvoere

Na 'n tydelike uitvoerverbod op Namibiese tamaties en tafeldruiwe na Suid-Afrika laat verlede jaar, versterk Namibië pogings om vrugtevliegrisiko's beter te bestuur en aan internasionale fitosanitêre standaarde te voldoen. Werkswinkels is nou aan die gang in Aussenkehr om belanghebbendes met kritieke opleiding toe te rus. James Nzehengwa, die adjunkdirekteur vir…
24 Feb 5AM 1 min