Dr. Ndume se streeks-oogkampe vorder steeds

Loading player...
Namibië se stryd teen voorkombare sig verlies het sopas 'n groot hupstoot gekry. Dr. Helena Ndume het haar 2025 Oogkamp afgesluit, met 'n suksesvolle sessie by die Onandjokwe-hospitaal in die Oshikoto-streek. Die internasionaal bekroonde oogarts het gratis sigherstellende operasies uitgevoer. Met die ondersteuning van vennote in die VSA, Oostenryk en Duitsland, het dr. Ndume die impak van vanjaar se uitreik in 'n TikTok-opdatering gedeel.
9 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geen vertroue in SA se regstelsel nie

Action Society sê openbare vertroue in die regstelsel is op die randjie van ineenstorting. Volgens hul nuut bekendgestelde vertrouensaanwyser het vertroue in die strafregstelsel slegs vier uit 100 punte behaal, met die meeste respondente wat glo misdadigers kom weg met ernstige oortredings terwyl vertragings in polisie- en hofprosesse kritieke vlakke…
24 Feb 2AM 1 min

Zelensky praat op vierde herdenking van aanval

Die oorlog in Oekraïne betree môre sy vyfde jaar met die inval deur Rusland wat vandag vier jaar gelede begin het. President Volodymyr Zelensky het met CNN se Clarissa Ward gepraat oor sekerheidswaarborge, wat steeds nie deur die VSA onderteken is nie.
24 Feb 2AM 1 min

Gauteng het R9 miljard van sy R20 miljard e-tolskuld betaal

Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die provinsie het meer as 9 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy e-tolskuld van 20 miljard rand afbetaal. Die e-tolstelsel is in 2024 amptelik geskrap. Die provinsiale regering het onderneem om 30-persent van die e-tolskuld te betaal, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap 70-persent van die…
24 Feb 1AM 1 min

Starmer se toekoms... enigiets kan gebeur

Die herrie rondom die arrestasie van Lord Peter Mandelson, ‘n veteraan van die Arbeidersparty, het dinge uiters warm gemaak vir premier Keir Starmer. Starmer het voorheen gesê dat hy Mandelson geglo het toe hy gesê het hy het nie noue bande met Jeffrey Epstein nie en hom toe as ambassadeur…
24 Feb 1AM 1 min