SA ekonomie herstel effe met 0,8% kwartaallikse groei

Loading player...
Suid-Afrika se ekonomie het met 0,8-persent gegroei vanaf April tot Junie teenoor 0,1-persent in die vorige kwartaal. Groei is aangevuur deur mynbou, vervaardiging en handel, met sterk prestasie in platinum, goud, chemikalieë en die motorbedryf. Huishoudelike besteding aan goedere, klere en gasvryheid het ook bygedra. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het tydens die vrystelling van die bruto binnelandse produk-uitslae gesê vervoer en die boubedryf het afgeneem en uitvoere het met 3,2-persent gedaal, wat 'n las op die ekonomie is:
9 Sep 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geen vertroue in SA se regstelsel nie

Action Society sê openbare vertroue in die regstelsel is op die randjie van ineenstorting. Volgens hul nuut bekendgestelde vertrouensaanwyser het vertroue in die strafregstelsel slegs vier uit 100 punte behaal, met die meeste respondente wat glo misdadigers kom weg met ernstige oortredings terwyl vertragings in polisie- en hofprosesse kritieke vlakke…
24 Feb 2AM 1 min

Zelensky praat op vierde herdenking van aanval

Die oorlog in Oekraïne betree môre sy vyfde jaar met die inval deur Rusland wat vandag vier jaar gelede begin het. President Volodymyr Zelensky het met CNN se Clarissa Ward gepraat oor sekerheidswaarborge, wat steeds nie deur die VSA onderteken is nie.
24 Feb 2AM 1 min

Gauteng het R9 miljard van sy R20 miljard e-tolskuld betaal

Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die provinsie het meer as 9 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy e-tolskuld van 20 miljard rand afbetaal. Die e-tolstelsel is in 2024 amptelik geskrap. Die provinsiale regering het onderneem om 30-persent van die e-tolskuld te betaal, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap 70-persent van die…
24 Feb 1AM 1 min

Starmer se toekoms... enigiets kan gebeur

Die herrie rondom die arrestasie van Lord Peter Mandelson, ‘n veteraan van die Arbeidersparty, het dinge uiters warm gemaak vir premier Keir Starmer. Starmer het voorheen gesê dat hy Mandelson geglo het toe hy gesê het hy het nie noue bande met Jeffrey Epstein nie en hom toe as ambassadeur…
24 Feb 1AM 1 min