DA prys groeiende landbousektor onder Steenhuisen

Loading player...
Die DA sê hy verwelkom die voortgesette groei in die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk onder die rentmeesterskap van minister John Steenhuisen. Die sektor het in die tweede kwartaal vanjaar met 2,5-persent gegroei ná ʼn hersiene 18,6-persent styging in die eerste kwartaal. Dis hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende ekonomiese aktiwiteit in akkerbou- en veeprodukte. Willie Aucamp van die DA sê die sektor het bewys dit beskik oor onontginde moontlikhede om inklusiewe ekonomiese groei aan te dryf:
10 Sep 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wat beteken Meatco se bedryfswins eintlik

Reaksie word ontvang op Meatco se operasionele wins van 106 miljoen Namibiese dollar in 2025, 'n beduidende verbetering op die vorige jaar se verlies van 150 miljoen dollar. Kritici voer aan dit word versterk deur boekinskrywings soos waardevermindering en die regering se droogtehulpprogram vir 2024-2025, wat die deurset kunsmatig opgeblaas…
23 Feb 11PM 1 min

Klimaat en die land se ekonomie - ekoloog sit uitdagings uiteen

Suider-Afrika staar beduidende risiko's in die gesig as gevolg van klimaatsverandering. Die streek is reeds hoogs blootgestel aan die gevolge van El Niño en La Niña. Hierdie siklusse veroorsaak onderskeidelik ernstige droogtes en vloede, wat deels verantwoordelik is vir voedselonsekerheid. Klimaatsverandering sal ook 'n impak op die land se ekonomie…
23 Feb 11PM 1 min

DA baklei teen wysiging van wapenwet

Die DA gaan die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer in die kabinet en in die parlement beveg, en regstappe oorweeg om verantwoordelike, gelisensieerde vuurwapeneienaars se grondwetlike regte te beskerm. Die DA-lid Ian Cameron sê indien die wetsontwerp in sy huidige vorm ingestel word, neem dit vuurwapens uit die hande van wettige eienaars…
23 Feb 10PM 1 min

Arbeider-veteraan Mandelson gearresteer, oor Epstein

Die voormalige Britse ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson, is Maandagaand gearresteer op vermoede van wangedrag in 'n openbare amp en in 'n Londense polisiestasie ondervra. Mandelson is ondersoek oor bewerings dat hy marksensitiewe regeringsinligting met sy goeie vriend Jeffrey Epstein gedeel het terwyl hy handelminister was. Die hoofsekretaris van…
23 Feb 10PM 1 min